TuisOpBeskikbare PosteSkoolkalenderEksamensFeesteFondsinsamelingSportSportkalenderPlakkate

 
Opgedateer: 6  November 2023

    

 

 

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys
Sport

Sportdeelname word aangemoedig. Al die algemene sportsoorte word deur die BCVO ondersteun en kinders kan daarin presteer tot op nasionale vlak.

Riffies skakel by die Oos-Transvaal streek in. Alhoewel ouers genoodsaak is om baie te ry, geniet die kinders die ervaring om ander CVO leerlinge te ontmoet en teen hulle deel te neem.

Riffies se sportorganiseerder is deur die Raad aangewys en tans is dit Suzette Ernst. Alle navrae i.v.m. sport kan via Heidie aan Suzette gekommunikeer word. Eposnavrae is baie welkom.

Datums waarop die onderskeie sportsoorte plaasvind, is op die kalender aangedui. In uitsonderlike gevalle kan 'n datum skuif, maar dit sal, indien nodig, aan die betrokke ouers deurgegee word.

Eerste kwartaal:
Die eerste kwartaal word aan atletiek afgestaan. Enige leerling kan inskryf vir die huissport en die streeksdeelname. Die huissport byeenkoms is nie verpligtend nie. Wanneer u kind aan die streeksbyeenkoms deelneem en so presteer om in die Suidstreek span opgeneem te word, sal die volgende deelname die Oos-Transvaal byeenkoms wees. Die Suidstreek span se kleredrag is gewoonlik net 'n rooi T-hemp en 'n blou/swart sportbroekie. Indien u kind verder presteer om in die Oos-Transvaalspan opgeneem te word, sal daar sportklere en ander toerusting bestel kan word. Leerlinge in die Oos-Transvaalspan kwalifiseer om nasionaal aan die BCVO-SA’s deel te neem.

Indien leerlinge wat in streekspanne opgeneem is, om een of ander rede, sonder 'n geldige verskoning, onttrek of oefeninge mis, kan die leerling met tot 'n jaar van BCVO sport geskors word. Maak dus seker dat die nodige oefeninge getrou bygewoon word.

Die atletiekbyeenkomste word by die volgende plekke aangebied:

  • Huissport
    Die Standerton Akademie bied die laaste twee jaar die huissport privaat aan, terwyl die ander skole in die streek deur Middelburg Privaat Akademie uitgenooi is.

  • Suidstreek
    Die Suidstreekbyeenkoms word op rotasiebasis tussen die skole in die streek aangebied, indien moontlik.

  • Oos-Transvaal
    Hierdie byeenkoms word meestal by Gromar in Groblersdal aangebied, aangesien hulle die fasiliteite beskikbaar het. Die skole werk ook op rotasiebasis om die byeenkoms aan te bied.

  • BCVO SA Atletiek
    Dit vind in Sasolburg by die DP De Villiers Stadion plaas.

Tweede kwartaal:
Die tweede kwartaal word vir netbal en rugby opsy gesit. Reg aan die begin van die kwartaal vind 'n netbal en rugby rondomtalie plaas wat nie verpligtend is nie.

Vervolgens is daar 'n netbal- en rugby kliniek-en-proewe naweek (vanaf Donderdagmiddag tot Saterdag), waar die leerlinge deur ervare netbal- en rugbyspelers afrigting ontvang tydens die kliniek (Donderdag en Vrydag) en tydens die proewe (Saterdag) word van onafhanklike keurders gebruik gemaak om die beste spanne saam te stel. Indien leerlinge aan die proewe deelneem en wel in die Oos-Transvaal Netbal en Rugbyspanne opgeneem word, word die res van die kwartaal se naweke aan oefeninge afgestaan. Hierdie naweke is op die kalender aangedui. Alle rugby en netbal oefeninge vind in Groblersdal plaas.

'n Vriendskaplike wedstryd teen Noord-Transvaal is jaarliks geskeduleer. Dit wissel tans tussen Potgietersrus en Groblersdal. Hierdie wedstryd is verpligtend.

'n Bondedag word ook geskeduleer. Dis soos 'n mini-Winterspele en al die skole van die BCVO neem daaraan deel. Hierdie dag se wedstryde is ook verpligtend (vir die A-spanne en soms vir die B-spanne). Die Bondedag vind plaas óf in Groblersdal, óf in Lichtenburg. Die moontlikheid dat ander plekke vir die aanbied van die Winterspele aangewys kan word, is groot. Die Bondedagwedstryde het ook ten doel om Bokkieweek-spanne te keur.

Die Winterspele is die laaste Netbal- en Rugbywedstryde waaraan vir die jaar deelgeneem word. Dit vind plaas die eerste naweek nadat die skool vir die wintervakansie gesluit het. Gewoonlik die Donderdag tot Saterdag. Die Winterspele vind afwisselend plaas OF in Groblersdal, OF in Lichtenburg, OF in Orania OF by Vivo.

Tydens Winterspele probeer die Bokkie-afrigters ook oefensessies inkry. Die Bokkieweek word aangebied tydens die tweede week van die wintervakansie en 'n oefenkamp vind plaas in die paar dae voor die Bokkieweek. Die Bokkieweek word afwisselend in Kroonstad en Nylstroom aangebied. Let wel: Bokkieweek word nie deur BCVO aangebied nie, maar word wel deur hulle ondersteun.

Derde kwartaal
Tydens die derde kwartaal word krieket, tennis, hokkie, landloop en skaak aangebied. Hokkie en krieketproewe vind reeds vroeg in die kwartaal in Groblersdal plaas. Die program vir oefentye en wedstryde word dan deurgegee.

Die datums van die onderskeie byeenkomste word ook op die Kalender aangedui.
 

Dis raadsaam om vroegtydig vir enige nasionale BCVO sportbyeenkoms
verblyfplek te bespreek.

Besoek gerus ook die Sportkalender vir meer inligting oor die Atletiekbeampte afrigtingskursus en Die Paardekraal byeenkoms

 

1 Johannes 5:12
Hy wat die Seun het, het die lewe;
wie die Seun van God nie het nie,
het nie die lewe nie.

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Beskikbare Poste
Skoolkalender
Eksamens
Feeste
Fondsinsameling
Sport
Sportkalender
Plakkate



 

TuisOpBeskikbare PosteSkoolkalenderEksamensFeesteFondsinsamelingSportSportkalenderPlakkate

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys is 'n Nie Winsgewende Organisasie:  NPO169-007

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Swallow Software


Bekering

Bybelteks

'n Christen…

De Camp Courant

 ARK Web Design © 2023 ** ARK Webontwerp © 2023