TuisOpBeskikbare PosteSkoolkalenderEksamensFeesteFondsinsamelingSportSportkalenderPlakkate •

 
Opgedateer: 6  November 2023

    

 

 

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys
Gebeure

Feeste en Kultuurgebeure

ATKV Eksamen

Hierdie is 'n buitekurrikulźre aangeleentheid waartydens die ATKV skoolleerlinge nooi om deel te neem. (Afrikaans Olimpiade). Deelname is nie verpligtend nie. Leerlinge wat wel deelneem, ontvang 'n sertifikaat daarvoor.

Bittereinderdag (31 Mei)

Ook bekend as Republiekdag onder Afrikaners. CVO-ouers, leerlinge en onderwysers herdenk diegene onder die Boere wat tot op die einde teen Britse oorheersing bly veg het.

Kultuurfees

Die kultuurfees vind jaarliks plaas in streeksverband op 'n datum deur die BCVO kultuurraad bepaal. Die datum word op die kalender aangedui. Alle leerlinge mag deelneem en ontvang ook 'n deelname sertifikaat in die onderskeie items. Items waarvoor ingeskryf kan word, is, onder andere, Afrikaans en Engelse Prosa, Poėsie, Drama, Bybelvoordrag, Letterkunde, Beeldende kuns, Fotografie, Redenaars, Musiek, Koor en Sang.

GRA-Dag

Die totstandkoming van die Genootskap van Regte Afrikaners
(14 Augustus) word jaarliks onder die leiding van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) herdenk.

Matriekafskeid

Dit is vir Riffies 'n voorreg om vir ons matrikulant/e 'n matriekafskeidsfunksie te gee. Dit is immers die dag waarna elke kind uitsien. Die Gr 11’s en hulle ouers is verantwoordelik vir die fondsinsamelings en ander reėlings rondom die matriekafskeid. Daar word jaarliks besluit of die hoėrskoolleerlinge by die aand betrek word, omdat die aantal matrieks min is. Dit mag jaarliks verskil.

Psalm 118:24
Dit is die dag wat die HERE gemaak het;
laat ons daaroor juig en bly wees.

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Beskikbare Poste
Skoolkalender
Eksamens
Feeste
Fondsinsameling
Sport
Sportkalender
Plakkate



 

TuisOpBeskikbare PosteSkoolkalenderEksamensFeesteFondsinsamelingSportSportkalenderPlakkate •

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys is 'n Nie Winsgewende Organisasie:  NPO169-007

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Swallow Software


Bekering

Bybelteks

'n Christen…

De Camp Courant

 ARK Web Design © 2023 ** ARK Webontwerp © 2023