TuisOpBeskikbare PosteSkoolkalenderEksamensFeesteFondsinsamelingSportSportkalenderPlakkate

 
Opgedateer: 6  November 2023

    

 

 

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys
Gebeure

Eksamens, Toetse en so meer

Bybelkennis

Eerste ronde - tans verpligtend en word as punt vir Bybel op skoolrapport weergegee. Om vir die tweede en derde rondes te kwalifiseer, is 'n minimum van 70% noodsaaklik. Die tweede en derdes rondes is egter nie verpligtend nie, alhoewel sertifikate en balkies daarvoor verdien kan word. Die eerste twee rondes neem die vorm van 'n toets aan. Die derde ronde vind op nasionale vlak plaas en word jaarliks deur 'n ander streek aangebied en neem die vorm van 'n vasvra in spanverband aan.

IEB-LO GTA

'n IEB Lewensoriëntering Gemeenskaplike Assesseringstaak word deur BCVO aan alle Gr 12 leerlinge gegee. Dit vorm deel van die vak se eindeksamenpunt.

Gr 12 Mondeling

Verpligte Afrikaans en Engels mondeling wat deel is van Nasionale Senior Sertifikaat punt. 'n BCVO en IEB moderator eksamineer die leerling oor verskeie onderwerpe in die spesifieke vakke.

Gr 12 CLO en Praktiese lêers (PATS)

Datum waarop alle CLO praktiese assesseringstake by BCVO vir moderering ingehandig moet word.

GP Wiskunde (Gevorderde Program Wiskunde)

Leerlinge in gr 9, wie 'n Wiskunde punt van 80% of hoër handhaaf, word deur die IEB genooi om maandeliks op 'n Saterdag hierdie ekstra vak te neem. Die vak tel as 'n addisionele vak in Gr 12 en word ook so op die NSS sertifikaat aangetoon.

Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen

Dis die jaarlikse eksamen wat alle gr 12 leerlinge skryf om 'n Matrieksertifikaat te ontvang.

Standaardiseringseksamen

Dis 'n verpligte BCVO eksamen wat gedurende November deur alle BCVO skole geskryf word. Die doel van die standaardiseringseksamens is om die standaard van die BCVO, asook dié van die skool, te bepaal. Hierdie vraestelle word deur BCVO onderwysers opgestel.

Eksamen en Toetsreekse

Tydens die eerste en derde kwartale word toetsreekse geskeduleer. Dit vind weekliks op 'n Dinsdag en Donderdag plaas tydens die toetsperiode aan die begin van die dag. (Dit word soms aangepas, maar kommunikasie daaroor word aan die ouers deurgegee.)

Tydens die tweede kwartaal is daar 'n kort toetsreeks (vind plaas soos bo genoem) waarna die halfjaar eksamen volg.

Tydens die vierde kwartaal word die gestandaardiseerde eksamen geskryf.

Gedurende die eksamen kom leerlinge reeds 11:00 uit.

Alle gr 12 leerlinge skryf in die eerste en tweede kwartale slegs toetsreekse op BCVO geskeduleerde datums. Tydens die derde kwartaal word die rekordeksamen geskryf en teen ongeveer einde Oktober vind die IEB se NSS eksamen plaas.

Riffies is 'n goedgekeurde eksamenlokaal.

Identiteitsdokumente

Gr 11 leerlinge moet hulle IDENTITEITSDOKUMENTE in orde kry. Dit word sommer vroeg in die nuwe jaar benodig, wanneer die IEB eksamenregistrasies plaasvind. Alle inligting in hierdie verband kan by Heidie verkry word.

WAT IS DIE OER / IEB?

Riffies is een van 172 skole wat die Onafhanklike Eksamen Raad (OER) / Independent Examination Board (IEB) se eksamen aflê. Hierdie eksamen is onder die toesig van Umalusi, maar onafhanklik van die Onderwysdepartement.

Die 2020-slaagsyfer van die OER se NSS eksamen was 98.07%, in vergelyking met die vorige jaar se slaagsyfer van 98.82%.

Alle kandidate wat geslaag het, het 'n punt behaal wat goed genoeg is om tersiêre studie op een van die volgende vlakke te betree:

79% het toegang tot Graadstudies behaal.

Die OER eksamen en die departementele eksamen val beide onder die toesig van Umalusi. Die OER eksamen word deur die privaat skole geskryf en die departementele eksamen word deur die staatskole geskryf.

BCVO SKOLE HET 99% SLAAGSYFER GEHAD.

 

1 Johannes 1:8-9
As ons sê dat ons geen sonde het nie,
mislei ons onsself
en die waarheid is nie in ons nie.
As ons ons sondes bely,
Hy is getrou en regverdig
om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Op
Beskikbare Poste
Skoolkalender
Eksamens
Feeste
Fondsinsameling
Sport
Sportkalender
Plakkate



 

TuisOpBeskikbare PosteSkoolkalenderEksamensFeesteFondsinsamelingSportSportkalenderPlakkate

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys is 'n Nie Winsgewende Organisasie:  NPO169-007

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Swallow Software


Bekering

Bybelteks

'n Christen…

De Camp Courant

 ARK Web Design © 2023 ** ARK Webontwerp © 2023