TuisWerfkaartToelatingsbeleidAansoekSkoolreëlsMeer oorGebeureNavraeKontak

 
Opgedateer: 6  November 2023

    

 

 

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys
Toekomsvisie van die skool

Ons is 'n vooruitstrewende Gereformeerde Volkseie Privaatskool wat kundiges vir die beroepslewe en lewende getuies vir Christus op 'n gebalanseerde wyse help vorm.

Besoek ons Werfkaart wat as inhoudsopgawe van die webtuiste dien. Volg enige van die skakels van daaraf om meer inligting van die skool te lees.

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys
Toelatingsbeleid

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys val onder die vaandel van die Christelike Volkseie Onderwys in Suid-Afrika, onder die BCVO onderwysinstelling.

Meer oor BCVO
(Beweging vir Christelike, Volkseie Onderwys)

Die BCVO is 'n onderwysinstelling in Suid-Afrika wat primêre en sekondêre onderwys (Gr 1 – 12) in Afrikaans en die Calvinistiese tradisie bied. Tans is daar 40 geaffilieerde skole, hoofsaaklik in Transvaal en die Noord-Kaap en in 'n mindere mate, die Vrystaat en Oos-Kaap. Daar is ongeveer 2100 kinders gesamentlik in die onderskeie skole.

Die BCVO se leerplanne, wat 'n verrykte inhoud ten opsigte van kultuur en volkseie geskiedenis bied, word deur BCVO opgestel aan die hand van die KABV (Kurrikulum en Assesserings Beleidsverklaring – CAPS in Engels), maar met die oog op 'n Gr 12 OER (IEB) eksamen.

Wat is OER? Lees meer oor die Onafhanklike Eksamen Raad by Eksamens.

Die Toelatingsbeleid van CVO-skole staan op twee grondbeginsels:

1.1 Die Christelik-Protestantse geloof (Calvinisties-Gereformeerd), gegrond op die Bybel uitgelê deur slegs die belydenisskrifte. (Drie Formuliere van Eenheid) te wete die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls.

1.2 Die uitleef van die Afrikanerkultuur, in besonder die kultuurbeskouing dat kultuur die gehoorsaamheid aan die Bybelse opdragte is.

Onderhoude en keuring word met elke nuwe aansoek gedoen. Tydens hierdie onderhoude word verdere aspekte betreffende toelating, bespreek.

Stuur 'n Eposnavraag as u meer inligting in verband met toelating of oor die proses van aansoeke wil hê.

Die Aansoekvorm en meer inligting is beskikbaar in aflaaibare PDF dokumente, soos die skakels hieronder aandui.

Aansoekvorm
Inligtingstuk

Spreuke 11:30
Die vrug van die regverdige is 'n boom
van die lewe,
en hy wat siele win, is wys.

Werfkaart

 

 

 

Tuis
Werfkaart
Toelatingsbeleid
Aansoek
Skoolreëls
Meer oor
Gebeure
Navrae
Kontak



 

TuisWerfkaartToelatingsbeleidAansoekSkoolreëlsMeer oorGebeureNavraeKontak

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys is 'n Nie Winsgewende Organisasie:  NPO169-007

ADSA Advertensies

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

arkpark.info

Kaleidoskoop

Swallow Software


Bekering

Bybelteks

'n Christen…

De Camp Courant

 ARK Web Design © 2023 ** ARK Webontwerp © 2023