Welkom by Volkskool Bethal
vir Christelike Onderwys
Christelike Opvoeding
Christen ouers weet dat hul
kinders skatte en geskenke is wat hulle mee toevertrou is. Kinders
se opvoeding bly 'n groot verantwoordelikheid. Geloofsoortuiging,
kultuur, lewensbeskouing en hoe Boere-Afrikaners probleme takel en
oorwin, bly alles deel van die Christelike doelwitte wat ons probeer
uitleef en voluit na streef.
By Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys
is daar meelewing en ywer om die kinders, nie net vakke se inhoud te leer
nie, maar om die kinders te lei om pragtige volwasse mense te word wat
God eer en hul lewenstake met ywer sal vol staan.
Die Christelike opvoedingsmilieu,
is voortreflik vir die ontwikkeling van gebalanseerde kinders met
entoesiasme vir hul toekoms. Die toegewyde aandag, goeie orde en kundige
opleiding lei ook na mooi kreatiwiteit, kennis en insig.
Individuele aandag bly 'n
kenmerk van CVO skole en so ook by Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys.
Besoek die WERFKAART vir meer inligting oor hierdie
uitmuntende skool.
Jesaja 26:4
Vertrou op die HERE
vir ewig,
want in die Here HERE is 'n ewige rots. |
|
|